KAMERS wat Inspireer - Koffietafelboek deur Isabella Niehaus met foto’s deur Lizl Dreijer

R295.00 R150.00
0 reviews

Ons pragtige koffietafelboek is onlangs landswyd bekendgestel. Bestel nou en ons lewer hierdie mooiste storie- en fotoreis by jou voordeur af.

BESKRYWING:

KAMERS wat inspireer. Van die wêreld van ’n kunskurator tot ’n dag in die lewe van ’n jong bakker wat weekliks honderde brode met die hand vorm. Van fynproewerskos tot unieke juwele. Van handgemaakte kaartjies tot die fynste porseleinskeppings, helende lyfprodukte, unieke wyne, klassieke klere en antieke meubels. Sielskos wat jou weer sal laat droom en jou ’n kykie gee in die lewens van mense wat hul passies uitleef.

Hierdie boek vier die wonderlike suksesverhaal van KAMERS en die skeppende geeste wat jaar na jaar bydra om KAMERS die grootste vertoonvenster van plaaslike talent in Suid-Afrika te maak.

“Inspirasie, bewondering, plesier! 
Dis die drie woorde wat die skeppende span vroue opsom wat vir een van die grootste rewolusies in die  Suid-Afrikaanse markbedryf  gesorg het. Hulle skep nie net werk en geleenthede nie maar laat drome waar word.” – Anette Pienaar-Vosloo

Ons lig tienmaal ons glasies op die vreugde wat hulle in ons lewens gebring het.

OOR DIE SKRYWER:

Bella, soos almal haar noem, was lank by die tydskrifwêreld betrokke as skoonheids- en moderedakteur. Daarna het ’n vryskutloopbaan as modestilis en blogger gevolg en in 2012 het sy die kosmark by Die Palms in Woodstock begin. In 2013 het sy haar eerste KAMERS “pop up deli” gehad. Haar smullekker quiches, befaamde rissiesous en Weskusmossels in ? pikante roomsousie het uit haar keurige stalletjie gevlieg.

Publikasie datum: Oktober 2015
ISBN: 9781868426287
Grootte: 320 x 245mm
Bladsye: 176
Uitgewer: Jonathan Ball Publishers

Delivery:
Courier delivery in Cape Town within 5 business days: R50 per order
Courier delivery to the rest of South Africa within 5-10 business days: R65 per order


Shipping   Local     National     International  

The option KAMERS wat Inspireer - Koffietafelboek deur Isabella Niehaus met foto’s deur Lizl Dreijer is currently Out of stock. Choose another option or request to be notified when this item is available again.

This product does not have any reviews yet.